Laer rand knou beleggers

Laer rand knou beleggers

Theo Vorster

Na afloop van die ongemaklike wisselvalligheid in 2015, waartydens die rand onder meer met meer as 25% gedaal het, is beleggers met reg bekommerd oor die vooruitsigte vir 2016.

Teen die agtergrond van ’n wankelrige rand en dalende ekonomiese groeivooruitsigte, fokus al hoe meer beleggers op buitelandse blootstelling en dan spesifiek op hoeveel van hul kapitaal oorsee belê moet word.

Die uitdagings word bemoeilik deur die rand wat reeds baie waarde verloor het en die vertrekpunt dat dit dalk nie nou raad-saam is om al jou kapitaal teen huidige vlakke oorsee te skuif nie.

In tye van onsekerheid en emosioneel belaaide uitsprake, is dit belangrik om ’n rasionele beleggingsplan te hê wat daarop gefokus is om die belegger se eiesoortige langtermyn-doelwitte te verwesenlik.

Hierdie beleggingsplan moet goed gediversifiseer wees met relatief laekoste-oplossings om te verseker dat die belegger se kapitaal hierdie onstuimige tye kan oorleef.

info@verso.co.za
021 943 5300
0861 88 88 81

© Verso Group 2016 • All Rights Reserved • Powered by SucceedGroup